27 Oct

Die Suid-Vrystaatse Reformasiegenootskap moedig almal wat kan aan om die 503e herdenking van die Protestantse Kerkhervorming by te woon wat aangebeid word deur die Oud Gereformeerde Kerk Kalkfontein naby Theunissen. Verrigtinge begin op Saterdag 31 Oktober 2020 om 09:30.


Die program sluit in referate oor die lewe van Melanchton, Martin Luther se stryd teen die aanslag op die suiwere Woord van God asook die Strydende Kerk van Christus.


Kom besigtig ook die pragtige Reformasiemuur met borsbeelde van verskeie hervormers langs die kerkgebou.


Daar is koffie, tee en koeldrank beskikbaar.


Kleredrag: 

                   Mans - baadjie en das

                   Dames - Rok en hoofbedekking



Vir aanwysings, of indien u ook saam met ander gaste wil aansluit vir die middagete na afloop van die verrigtinge, kontak asb. voortydig vir Helena (071 933 9110) of Sharlene (079 218 0356). 

Comments
* The email will not be published on the website.
I BUILT MY SITE FOR FREE USING