01 Jan

Die Suid-Afrikaanse regering het weer besluit om eredienste tydelik af te skaf as deel van hul inperkingsmaatreëls.


Die owerheid het volgens die Woord van God nie die reg om eredienste af te skaf nie. Die Bybelse beginsel van subsidiariteit, waarvolgens die staat, alhoewel ook 'n instelling van God, nie gesag oor die kerk het nie (Markus 12:13-17; Handelinge 5:29-32; Romeine 13:1, 4; I Petrus 2:13-17) laat nie die owerheid toe om binne die wil van God sulke bevele uit te vaardig nie.

Die owerheid en haar amptenare sondig teen God deur eredienste te verbied. Hul onheilige agenda blyk ook veral duidelik uit die feit dat terwyl eredienste verbied word, casinos, restaurante en kroeë mag oop bly. Hierdie inkonsekwentheid beklemtoon die goddeloosheid van hierdie regeringsbevel. 

Die Suid-Vrystaatse Reformasiegenootskap doen 'n ernstige beroep op die regering om onmiddelik hierdie bevel terug te trek.

Comments
* The email will not be published on the website.
I BUILT MY SITE FOR FREE USING