Vir die Hervorming van ons kerke, ons volk en die samelewing

Omdat Christus heers oor elke faset van ons lewens

Die Suid-Vrystaatse Reformasiegenootskap is 'n plaaslike tak van die Reformation Society of South Africa. Ons is gestig in Oktober 2020 met die doel om in ons plaaslike omgewing en gemeenskap 'n verskil te maak deur middel van die organisering seminare, kampe en byeenkomste asook die verspreiding van literatuur wat ten doel het om die Christelike leer en wêreldbeskouing soos dit in die Gereformeerde tradisie uiteengesit en verstaan word, te bevorder.

Ons wil 'n verskil maak in mense se lewens deur hul te bemoedig in hul stryd om die koninkryk van Christus uit te brei in elke sfeer van die samelewing.

Alle aktiwiteite van die genootskap sal op hierdie webwerf verskyn.
Oor ons image

Past Events

TitleDateLocation
‘n Kort seminaar: Die sogenaamde “Hoofletteruitgawe" van die 2020-Bybelvertaling.28 Feb 2021Waterbron plaas, Hagesdam
Stigting van die Genootskap24 Oct 2020
  • Hagesdam, South Africa
  • Genootskap voorsitter: Dr. Adi Schlebusch

I BUILT MY SITE FOR FREE USING